Andre-Brink

Die SBA bring graag hulde aan ‘n ikoniese Afrikaanse skrywer. Deur die afsterwe van André P Brink ly Afrikaans beslis n groot verlies, want die meeste van sy oorspronklike Afrikaanse romans is ook in vele ander tale vertaal en so het mense wêreldwyd van Afrikaans kennis geneem. Ook met sy vele internasionale toekennings het hy dit eerstens as Afrikaanse skrywer ontvang.

Benewens sy onmiskenbare profiel as Afrikaanse skrywer van formaat, was hy ook ander tale magtig en het hy as Afrikaanse skrywer en intellektueel ook internasionale aansien gehad. Alhoewel Afrikaans foutiewelik as die taal van die onderdrukker uitgekryt was en nog steeds soms, het Andrë P Brink as protesskrywer juis in veral sy romans sterk geprotesteer teen die onmenslike bestel van apartheid en dus Afrikaans ook as n taal met n protes stem gevestig.

Met spesifiek sy dramas waarvoor hy ook oa die gesogte Hertzogprys gekry het, is teatergangers en radioluisteraars gebaai in pragtig-klinkende en soms ook rymende taal wat bewys dat Afrikaans musiek in die ore van die luisteraaars is.

Afrikaans het n grote verloor.

Uitgereik deur die direksie en bestuur van die SBA

Barnardstraat 78, Oakdale
Bellville, 7530

Onlangse nuus

SBA Letterkunde Verering 2022

Dr Diana Ferrus Vir ‘n lank tyd het Diana Ferrus gedroom dat die tyd van vryheid van die ...
Lees meer

Drie dekades van bemagtiging deur Afrikaans!

Ons is byna aan die einde van 2022, wat ook die einde van die  Stigting  vir Bemagtiging deur ...
Lees meer

Avonturier se boek oor Afrika in Afrikaans

‘n Ontmoeting met honger hiënas, rotte en vlermuise vir aandete en die eindelose natuurskoonheid van Afrika. Dit is ...
Lees meer
Scroll to Top