Onderwyserhulp: Tegnologie

Graad 7 tot 9 Tegnologie-onderwysers sal mal wees oor hierdie webtuiste. Dit bevat inligting oor al die komponente van die Tegnologie-kurrikulum soos meganismes, strukture en verwerking. Daar is ook informatiewe werkboeke wat jy as assesseringstake kan gebruik. Onder foto’s kan jy leerders se take sien wat hulle gebou het – alles van brue tot speelrame. Alles in Afrikaans!

`n Ander gunsteling is natuurlik Technology Teacher. Daar kan jy prente en animasies kry wat leerders wat visueel ingestel is, sal prikkel.