Hulpbronne

Onnies Online

Onnies Online bied hulpbronne vir Suid-Afrikaanse onderwysers. Hulle fokus op die skep van interaktiewe onderrigmateriaal wat sal verseker dat jou leerders bly geïnteresseerd in jou lesse te alle tye! Ons produkte word gemaak deur onderwysers, vir onderwysers.

Besoek ons webwerf vir meer: http://www.onniesonline.co.za/

Kinders wat aan meer tale blootgestel word kan beter natuurlike kommunikeerders wees

(Volledige artikel op UChicagoNews) Sielkundiges aan die Universiteit van Chicago het onlangs gevind dat kinders wat aan meer as een taal by die huis blootgestel word, beter kommunikeerders word. Hierdie navorsers het bewys dat kinders van meertalige huise beter, as kinders van huise waar daar slegs hul moedertaal gepraat word, `n spreker se bedoeling kan…

Details

Tydlyn: Momente in die Afrikaanse geskiedenis

Afrikaans is op 8 Mei 1925, 90 jaar gelede, saam met Engels as amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika erken. Afrikaans het `n lang pad gestap van bloot `n dialek na een van die jongste tale ter wêreld met, om en by 21 miljoen sprekers wêreldwyd. Stap saam deur die geskiedenis van Afrikaans met hierdie tydlyn, moontlik gemaak deur Jaco Grobbelaar van Grafika24.

(Bronne sluit in sahistory.org.za, mieliestronk.com en wikipedia.org)

Details

#Taalfeit: Opsoek na ‘Girl Friday’ in Afrikaans

Daar is sommige Engelse terme wat moeilik kan wees om in Afrikaans te vertaal. Die Engelse term ‘Girl Friday’, wat beteken dat ‘n meisie iemand se regterhand is, se Afrikaanse ekwivalent word in Aton F. Prinsloo se boek Sleng: Woorde, uitdrukkings en hul herkoms verklaar. Die oorsprong van hierdie uitdrukking is Daniel Defoe se The Life and…

Details

Tegnologie Hulpbronne

Graad 7 tot 9 Tegnologie-onderwysers sal mal wees oor hierdie webtuiste. Dit bevat inligting oor al die komponente van die Tegnologie-kurrikulum soos meganismes, strukture en verwerking.

Details

Laerskool: Wiskundehulpbronne

Die BEd-program by Stellenbosch Universiteit het baie van hulle hulpbronne op `n webtuiste gelaai. Daar is verskeie items van grafieke tot artikels oor hoe om gesyferdheid in leerders te ontwikkel.

Details

Onderwyserhulp: Grondslagfase

Dis seker onnodig om hierdie twee webtuistes bekend te stel, maar vir die wat nie weet nie, wees ingelig! Daar is `n magdom van inligting op die internet, maar dit is moeilik om kwaliteit hulpbronne in Afrikaans te kry wat verniet is.

Details

KABV-Hulp

Voel jy soms oorweldig deur die nuwe kurrikulum? Voel jy die handboeke wat jy gebruik is nie goed genoeg nie? Gelukkig is daar bronne op die internet waar jy laerskoolinhoud verniet kan kry en hergebruik.

Details

Taalhulpbronne: Prezi

Taal in die Eerste Addisionele Klaskamer is gewoonlik die een area waar kinders sommer dadelik aan die slaap wil raak. Hier is jou oplossing! `n Hele paar Prezi’s oor die belangrikste aspekte wat leerders moet baasraak.

Details
Klik hier vir meer
Midblocks-R3_1
Midblocks-R4
Midblocks-R3_3