Kwailappies Uitgawe 8 Junie 2019

Die syfer 8 lyk soos ‘n vloeiende bewegende getal met basies twee sirkels, of dan nulle, op mekaar ― nie ‘n wonder die Olimpiese Spele en Audi se simbole is ook ineengestrengelde sirkels nie.  In hierdie 8ste Kwailappies sal julle sien hoe die SBA in allerhande interessante rigtings beweeg en selfs hoog spring in Afrikaans met ons vele projekte.  Soos ook Kersvader se slee deur 8 takbokke getrek word en Noag 8 persone in sy ark geneem het, toon Kwailappies aan dat die SBA sterk vorentoe beweeg en oorleef.
Geniet hierdie uitgawe en trek of vaar saam met die SBA die toekoms in.