Kwailappies Uitgawe 7 Desember 2018

Met ’n sewende nuusbrief kan ons nie anders as om in die sewende hemel te wees nie, want dit was ‘n jaar waartydens die SBA weer baie vermag het met die onderskeie projekte wat in die nuusbrief saamgevat is. Ons is ook baie opgewonde dat ons in ‘n Europese publikasie vermeld is met webtuiste en al, nl in The Circle: A Brussel Anthology, waarin ‘n kortverhaal van die skrywer en borg van Die Kokerboom/Ukhalakhulu, Klavs Skovsholm, verskyn. Kyk gerus weer na ons webtuiste wat nou ook in isiXhosa en Engels te lese is.