Kwailappies Desember 2017

Wanneer die jaar tot ‘n einde kom, is ‘n mens altyd genoop om bestekopname te doen. Die SBA kyk met groot dankbaarheid terug op ‘n jaar waarin ons op soveel vlakke ‘n bydrae kon lewer in gemeenskappe en hande kon vat met individue en organisasies om ons bemagtigingsvisie van ‘n selfonderhoudende gemeenskap na te streef.