Inleiding tot Kaartwerk: Geografie

Hierdie Geografie-les is `n fantastiese inskerpingsles vir graad 10’s sowel as hoër grade. Die video verduidelik hoe die aarde vir praktiese doeleindes in denkbeeldige lengte- en breedtegrade verdeel is. Daar word verder verwys na die die indeling van `n graad in minute en sekondes namate die gebruik daarvan toenemend begin nodig raak by grootskaalkaarte. Die definisie van `n koördinaat word verrder verduidelik en hoe dit prakties gebruik kan word. Die oorsprong van die verwysingsnommer op die 1:50 000 topografiese kaartreeks word ook ondersoek.

Bron: YouTube