Kwailappies Edition December 2020

SBA-vriende

Soos 1992 vir die Britse koningin ʼn annus horribilis was, is dit vanjaar seersekerlik weer so, maar die SBA het egter gepoog om 2020 ʼn annus mirabilis te maak.  Projekte is herskeduleer, die Storiesopnames van vergete mense en plekke het voortgegaan, inkleurboeke is uitgedeel om juis tuisbly vir die kleintjies aangenamer te maak en baie Zoë-voorlese het selfs buite vir goeie ventilasie plaasgevind.  Waaroor ons veral opgewonde trots is, is die verklanking van ons kinderboeke – Robbie die Rowwe Rot, Die Kokerboom en Fatima – in al hul verskeie tale, Arabies, Kiswahili en Khoekhoegowab ingesluit, sowel as ons twee Eerste Nasie boeke, Die Griekwa is Nog en Kalahari-Waarheid. Gebruik gerus die vakansietyd om dit op ons webtuiste www.sbafrikaans.co.za te luister, selfs saam te lees, en geniet so ʼn welverdiende rustyd met die SBA.

Feesgroete

Lees Hier