Afrikaans Sing Movember

3 NOVEMBER 2019

Afrikaans Sing! Movember

Met die SBA se jaarlikse Afrikaans Sing!-kooruitvoering wat vorige jare op vroue en jeug gefokus het, val die kollig vanjaar op manlike gesondheid en manlikhede. Mans- en seunskore is op die verhoog met die beroemde Gugulethu Tenors wat die toon aangee. Manstemme van sover as Merweville in die Karoo, van ‘n rehabilitasie-sentrum in Bishop Lavis, asook die Legends-Maleierkoor, jong stemme van die Wynberg Hoër-seunskool en die Mzansi Gay koor, sal gehoor word. ‘n Massakoor met die Kaapse-mannekoor vereniging sluit die geleentheid af.

Onder die vaandels van Movember val die fokus op prostaatkanker en op testikulêre kanker onder Love Your Nuts. Ons luister tussendeur na stories van kanker-survivors, word ingelig oor hoe om voorkomend op tree en hoe om holistiese mans-gesondheid en manwees te bou. Artscape se maandlange fokus op Movember was met hierdie konsert afgeskop.

TEATER
3 November 2019 @14:00
Genooide gaste
Navrae: Ivan Ndevu

E-mail: ivan@sbafrikaans.co.za
Tel: 021 202 9404
+- 1 hours 30 minutes