





Meer Oor Ons
In 1992 is ’n Afrikaans Geletterheidstrust gestig om spesifiek in die Wes-Kaap Afrikaansgebruikers te bemagtig in veral plattelandse gemeenskappe. Uit hierdie trust is die SBA gestig.
Lees Meer

Sigbaar Afrikaans

Die SBA is ’n NPO - 053 - 578 en Artikel 18A-maatskappy (sonder winsbejag)
Vlooi en die Sneeuman
Weens Covid-19 sal ons jaarlikse teaterbywoning-projek van Vlooi by Artscape nie veilig kan plaasvind nie, maar saam met ons vriende het ons 'n goeie oplossing gevind. Vlooi / Kipper Radio speel saam met Krazy Katz Produksies, Oxford University Press en Artscape Maandag 28 Junie tot Vrydag 02 Julie is “Vlooi en die Sneeuman” om 10:30 op Radio Sonder Grense (RSG) op die lug. Die towersleutel vat Vlooi en sy maats op 'n avontuur na die suidpol, waar hulle pikkewyne en die sneeuman ontmoet! In “Vlooi en die Sneeuman” smelt die sneeu weens aardverwarming, en Kipper en sy vriende gebruik die toonsoort om die sneeuman en die pikkewyne te help.
VIDEOS
SBA-NUUS



TROTSE PROJEKTE UIT DIE VERLEDE
Dramaverryking:
Drama-afrigting aan leerders wat nie toegang tot drama onderrig het nie, vir deelname aan die kykNET Nasionale Toneelspelkompetisie.
Handboekvertaling:
Publikasie van leerder- en onderwyserhandboeke in Dramatiese Kunste en Dansstudies vir grade 10 tot 12 (Dramatiese Kunste is ook brailleer).
Handboeksamestelling en -publikasie:
Landboubestuurspraktyke vir graad 12.
Funda!-bundel:
’n Aantal lesse is as onderrigondersteuning uit die destydse gelyknamige koerantbylaes van Die Burger saamgestel en gepubliseer vir gebruik in die intermediêre fase.
Adam Small-borsbeeld:
Adam Small is met ’n permanente borsbeeld by Artscape vereer. ’n Argivale uitstalling is ook vir die Artscape-argief saamgestel.
Adam Small-gedenklesing:
Die lesing het tydens die Adam Small Fees op Pniel (2019), met gasspreker prof Thuli Madonsela, plaasgevind.
Bo-Kaap Afrikaans:
’n Eenvoudige Afrikaanse verwerking in boekvorm van dr Achmat Davids se akademiese publikasie “The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 -1915”, ter wille van toeganglike lees vir die gewone publiek.
Ds Patrick Petersen:
‘n Aktivis-ikoon predikant van die Afrikaanse letterkunde is by sy gemeente op Vredenburg met ’n intellektuele literêre gesprek, ’n Artscape-kunsteprogram, ’n gedenkplaat en ’n woordkunsprogram deur dramaleerders gehuldig.
Mandeladag:
Leerders met leierseienskappe is in 2017 en 2018 na slypskole by Artscape genooi vir interaktiewe gesprekke oor Suid-Afrika, met onder andere Mej Heelal 2017, Demi-Leigh Nel-Peters, Ivor Price (TV-aanbieder) en Dean Smith (akteur), asook opleiding deur Manie Botha van HeyLei.
AFRIKAANS SING MOVEMBER
Lees Meer


Kwailappies
